LUKAS 3:10-14

LUKAS 3:10-14 NLV

Die skare het gevra: “Wat moet ons dan doen?” Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.” Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?” “Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.” “Wat moet óns doen?” het die soldate gevra. Johannes het geantwoord: “Moenie geld afpers nie, en moet niemand afdreig of vals beskuldig nie. En wees tevrede met julle salaris.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 3:10-14

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid