LUKAS 12:8-12

LUKAS 12:8-12 NLV

“En Ek verseker julle hiervan: As enigiemand My openlik hier op aarde erken, sal Ek, die Seun van die Mens, daardie persoon openlik voor God se engele erken. Maar as enigiemand My hier op aarde verloën, sal Ek dié persoon voor God se engele verloën. Nietemin sal dié wat iets teen My, die Seun van die Mens, sê, vergewe word, maar enigeen wat teen die Heilige Gees laster, sal nooit vergewe word nie. “En wanneer julle in die sinagoges en voor heersers en owerhede verhoor word, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging sal sê nie, want die Heilige Gees sal julle leer wat nodig is om te sê terwyl julle daar staan.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 12:8-12