JOSUA 6:2-6

JOSUA 6:2-6 NLV

Die HERE het vir Josua gesê: “Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate. Al die soldate moet een keer rondom die stad marsjeer. Doen dit vir die volgende ses dae. Sewe priesters wat elkeen ’n ramshoring dra, moet voor die ark loop. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad marsjeer. Die priesters moet dan hard op die ramshorings blaas. Sodra julle hoor dat die priesters ’n uitgerekte sein op die ramshorings gee, moet almal ’n harde kreet gee. Die stad se muur sal dan inmekaarstort. Die manskappe kan dan daaroor klim om in die stad in te gaan.” Josua, die seun van Nun, het toe die priesters bymekaargeroep. Hy het vir hulle gesê: “Tel die ark van die verbond op. Laat sewe priesters elkeen met ’n ramshoring voor die ark van die HERE uit loop.”