Hieroor het baie van Jesus se dissipels teruggegaan na hulle vroeëre lewe en nie meer saam met Hom die pad geloop nie. Toe sê Jesus vir die twaalf: “Wil júlle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. Ons is daarvan oortuig en weet dat U die Heilige van God is.” Jesus het daarop teenoor hulle reageer: “Het Ek dan nie self julle twaalf uitgesoek nie? Maar een van julle is ’n duiwel!” Jesus het gepraat van Judas, die seun van Simon Iskariot, want hy sou Hom uitlewer, hy wat een van die twaalf was.
Lees JOHANNES 6
Luister na JOHANNES 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 6:66-71
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's