JOHANNES 15:9-17

JOHANNES 15:9-17 NLV

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly. As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het. Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefgehad het. Niemand het ’n groter liefde as hierdie nie: dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende. Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem Ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het. Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.”

Video for JOHANNES 15:9-17