JOHANNES 15:14-17

JOHANNES 15:14-17 NLV

Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem Ek lankal vriende, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het. Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.”

Video for JOHANNES 15:14-17