“Ek verseker julle, iemand wat nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van die ander kant af oorklim, is ’n dief en ’n rower. Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape. Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken. ’n Vreemdeling sal hulle glad nie volg nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle nie die vreemdeling se stem herken nie.” Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. Hulle kon egter nie insien wat Hy vir hulle wou sê nie. Toe het Jesus weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry. Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. “Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape. ’n Kontrakwerker is hoegenaamd nie ’n herder nie, want dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien aankom, los hy die skape net daar en vlug weg en die wolf vang die skape en verwilder hulle. Hy is ’n tipiese kontrakwerker en gee niks vir die skape om nie. Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My, net soos die Vader My ken en Ek ook die Vader ken. En Ek gee my lewe vir die skape.
Lees JOHANNES 10
Luister na JOHANNES 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 10:1-15
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
7 Days
Amy Groeschel has written this seven-day Bible Plan in hopes it will be taken as straight from our loving Father’s heart to yours. Her prayer is that it teaches you to avoid the opposing clamor and awakens you to focus on His voice.
7 Dae
Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut ontdek!
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's