Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom.” Natanael se reaksie was: “Hoe kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk self,” het Filippus hom uitgenooi. Toe Jesus Natanael sien aangestap kom, sê Hy oor hom: “Kyk daar – ’n opregte Israeliet, ’n man van suiwer inbors.” Natanael reageer toe vraend: “Van waar ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom gesit het, het Ek jou al gesien.” Toe reageer Natanael: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” Jesus se antwoord aan hom was: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom sien sit het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.”
Lees JOHANNES 1
Luister na JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 1:45-50
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's