JOHANNES 1:35-39

JOHANNES 1:35-39 NLV

Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, saam met twee van sy dissipels. Toe Jesus by hulle verbyloop, het Johannes betekenisvol na Hom gekyk en gesê: “Kyk, dáár is die Lam van God!” Sy twee dissipels het Johannes dit hoor sê en Jesus dadelik begin volg. Jesus het omgedraai en gesien hulle volg Hom. Hy sê toe vir hulle: “Wat soek julle?” Hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – as dit vertaal word, beteken dit “leermeester” – “waar gaan U tuis?” Hy antwoord hulle: “Kom kyk self en julle sal sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis was. Dit was omtrent vieruur die middag. Hulle het toe die res van daardie dag by Hom gebly.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 1:35-39