JEREMIA 31:31-34

JEREMIA 31:31-34 NLV

Die HERE sê: “Die tyd kom dat Ek weer ’n nuwe verbond met Israel en Juda sal sluit. Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die HERE. “Maar so sal die nuwe verbond wees wat Ek na hierdie tyd met Israel sal sluit,” sê die HERE. “Ek sal my wette in hulle gedagtes plant en op hulle harte skryf. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die HERE, leef soos die HERE van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die HERE. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

Video vir JEREMIA 31:31-34

Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 31:31-34