Die Gees van die oppermagtige HERE het op my gekom. Die HERE het my gesalf om goeie nuus te bring vir arm mense. Hy het my gestuur om dié wat hartseer is, te troos, om vir die gevangenes vryheid aan te kondig, en vrylating vir dié in die tronk; om die genadejaar van die HERE aan te kondig, die dag van afrekening vir ons God. Maar almal wat treur, troos Hy, die dag wanneer Hy vir dié wat in Sion treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Die HERE het hulle geplant soos sterk en groot eike om sy roem te vermeerder. Hulle sal die verlate stede herbou, en die plekke weer opbou wat lank gelede verwoes is. Hulle sal die verwoeste stede herstel, plekke wat vir geslagte lank verlate gelê het. Buitelanders sal julle kleinvee laat wei, vreemdelinge sal julle landerye en julle wingerde bewerk. Julle sal genoem word: die priesters van die HERE, die bedienaars van ons God. Julle sal die skatte van die nasies geniet, en spog met hulle rykdom. In plaas van vernedering en minagting sal my volk ’n dubbele deel ontvang van voorspoed en ewige vreugde.
Lees JESAJA 61
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 61:1-7
5 Days
Many times what we see as our biggest regrets, failures and mistakes become what God uses the most in our lives. God transforms our brokenness into something more beautiful than we can even imagine. He takes our mess and creates a masterpiece. God is the artist and our lives are His canvas. What will you allow Him to create from the broken pieces in your life? In this 5-day plan, you will read scripture and better understand how broken crayons still color.
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.
10 Days
So many of us are living frustrated, anxious, and overwhelmed. But we don't have to stay this way. New habits can be formed. Fresh hope can be found. Joy is truly right around the corner. But how do we get there? The spiritual practice of gratitude is often the missing key to unlock the hope, joy, and beauty around us.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's