“Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arm swerwer blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie? As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die HERE sal jou van agter beskerm. Wanneer jy dan roep om hulp, sal die HERE antwoord. Jy sal roep om hulp en Hy sal sê: Hier is Ek! “As jy ontslae raak van die juk van verdrukking, van die beskuldigende vinger en kwaadpratery, as jy kos gee vir dié wat honger is en hulle help wat verdruk word, sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag. Die HERE sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei.
Lees JESAJA 58
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 58:6-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's