“Roep so hard as wat jy kan! Roep so hard soos ’n trompet kan blaas! Vertel my volk van hulle oortredings, die mense van Jakob van hulle sondes! Hulle soek elke dag my wil asof hulle ywerig my paaie wil ken. Jy sou dink hulle is ’n volk wat doen wat reg is, en nie die bepalings van sy God nagelaat het nie. Hulle vra My om beslissings te maak en lyk gretig om naby God te wees. Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas, maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig, maar U het dit nie opgelet nie!’ “Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diens nog harder laat werk. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie. Is dit die vas wat Ek verkies, net ’n dag waarop ’n mens homself verneder? Is dit om net jou kop te buig soos ’n biesie en te sit in sak en as? Is dit wat jy ’n vas noem, ’n dag wat vir die HERE aanvaarbaar sal wees? “Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arm swerwer blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie? As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die HERE sal jou van agter beskerm. Wanneer jy dan roep om hulp, sal die HERE antwoord. Jy sal roep om hulp en Hy sal sê: Hier is Ek! “As jy ontslae raak van die juk van verdrukking, van die beskuldigende vinger en kwaadpratery, as jy kos gee vir dié wat honger is en hulle help wat verdruk word, sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag.
Lees JESAJA 58
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 58:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's