Vra na die HERE terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is. Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die HERE en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe! “My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” sê die HERE. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes.
Lees JESAJA 55
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 55:6-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's