JESAJA 49:14-16

JESAJA 49:14-16 NLV

Tog het Sion gesê: “Die HERE het my verlaat. Die HERE het my vergeet.” “Kan ’n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink? Kan sy geen medelye hê met die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Ék sal jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou naam in my hand gegraveer. Die mure van Jerusalem wat afgebreek is, is altyd voor My.