JESAJA 43:10-13

JESAJA 43:10-13 NLV

“Julle is my getuies, Israel,” sê die HERE. “En jy is my dienaar wat Ek uitverkies het om My te ken en in My te glo, en te verstaan dat Ek alleen die HERE is. Vóór My was daar geen God nie en ná My sal daar geen God wees nie. Ek, ja, Ek is die HERE. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is,” sê die HERE. “Van altyd af is Ek God. Niemand kan uit my hand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand omkeer nie.”

Video for JESAJA 43:10-13

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 43:10-13