JESAJA 40:1-5

JESAJA 40:1-5 NLV

“Troos, troos my volk,” sê julle God. “Praat sag met Jerusalem. Sê vir hom sy hartseerdae is verby. Sy sondes is vergewe. Die HERE het hom klaar gestraf vir al sy sondes.” Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Bou ’n grootpad vir die HERE deur die woestyn. Maak ’n reguit pad vir ons God deur die wildernis. Vul die valleie op! Maak elke berg en heuwel gelyk, elke ruwe plek ’n gelykte, elke koppie ’n vlakte. Dan sal die heerlikheid van die HERE bekend word en alle mense sal dit sien. Die HERE self het so gesê.”

Video for JESAJA 40:1-5