“O Israel en Juda, wat moet Ek met julle doen?” vra die HERE. “Want julle liefde is soos ’n môrewolkie wat gou verdwyn, soos dou wat wegraak voor die son. Ek het my profete gestuur om julle in stukke te kap. Ek het julle met my woorde getref, gedreig met die dood. My oordeel sal julle tref so seker as die dag breek. Ek soek troue liefde en nie offers nie; toewyding aan God en nie brandoffers nie. “Maar soos Adam die verbond met My verbreek het, so was julle ontrou aan My. Gilead is ’n stad vol bose mense wat ’n bloedspoor laat. Soos ’n rowerbende wat in ’n hinderlaag lê en wag vir slagoffers, so vermoor priesterbendes die reisigers op die pad na Sigem. Hulle begaan allerlei booshede. Ja, Ek het ’n afskuwelike ding in die koningshuis van Israel gesien: Deur agter ander gode aan te gaan, het Efraim se godsdienstige owerspel my volk onrein gemaak! “Juda, ’n tyd van afrekening wag ook vir jou.”
Lees HOSEA 6
Luister na HOSEA 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOSEA 6:4-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's