Die tekortkomings van die ou erediens bevat vir ons vandag ’n les deurdat gawes en offers gebring is wat nie vir die een wat dit bring ’n volkome skoon gewete kon gee nie en net te doen gehad het met kos en drank en allerlei reinigingsgebruike – dinge wat net die uiterlike raak en wat net sou geld totdat God alles sou regstel. Maar nou het Christus as Hoofpriester gekom om al God se weldade te bedien. Hy het daardie groot, volmaakte heiligdom in die hemel binnegegaan wat nie die handewerk van mense is nie, en dus nie deel uitmaak van hierdie skepping nie. Eens en vir altyd het Hy met bloed in die Allerheiligste ingegaan, maar nie met die bloed van bokke en kalwers nie, nee, Hy het met sy eie bloed daar ingegaan en vir ons ’n ewige verlossing bewerk. Onder die ou stelsel kon die bloed van bokke en bulle en die as van ’n vers, wanneer dit oor mense gesprinkel word, hulle liggame van rituele besoedeling reinig. Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die werking van die ewige Gees as ’n volkome offer aan God geoffer het, ons gewetens skoon was van die las van dade wat tot die dood lei sodat ons die lewende God kan dien!
Lees HEBREËRS 9
Luister na HEBREËRS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 9:9-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's