HEBREËRS 8:1-6

HEBREËRS 8:1-6 NLV

Die hoofpunt van my hele betoog tot dusver is dat ons ’n baie spesiale Hoofpriester het wat plek ingeneem het op die hemelse troon, aan die regterhand van die Majesteit. Daar doen Hy diens in die heiligdom, die ware hemelse tabernakel wat God self opgerig het, nie ’n mens nie. En aangesien elke hoofpriester aangestel word om gawes en offers te bring, moet ons Hoofpriester ook iets hê om aan te bied. As Hy nog hier op aarde was, sou Hy nie eers ’n priester kon wees nie omdat daar reeds priesters is wat die wetlike offers bring. Hulle dien in ’n heiligdom wat maar net ’n kopie, ’n flou skadubeeld van die ware, hemelse heiligdom is. Want toe Moses aan die regmaak was om die tabernakel op te rig, het God aan hom die opdrag gegee: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek vir jou op die berg gewys het.” Maar nou het Jesus Christus ’n bediening verkry wat net soveel uitnemender is as wat Hy Middelaar is van ’n voortrefliker verbond, ’n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 8:1-6