HEBREËRS 1:8-12

HEBREËRS 1:8-12 NLV

Maar vir die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir altyd onwankelbaar vas. U koninklike heerskappy word gekenmerk deur regverdigheid. U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf – ver verhewe bo almal saam met U.” En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk. Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak. Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.”