GENESIS 7:17-24

GENESIS 7:17-24 NLV

Dit het 40 dae lank gereën en soos die waters vermeerder het, het dit die ark hoog bokant die grond opgelig. Die water het al meer geword en al hoër gestyg en die ark het daarop begin dryf. Die water het selfs so hoog gestyg dat die hoogste berge op die aarde onder water was. Die water het tot byna sewe meter bokant die hoogste berg gestyg. Alles wat op die aarde lewe, het vergaan – die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende diere en al die mense. Alles wat asemhaal op die droë grond het doodgegaan. Elke lewende wese op die aarde is uitgewis – mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef. Die aarde was 150 dae lank onder water.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid