GENESIS 45:25-28

GENESIS 45:25-28 NLV

Hulle is daar weg en het by hulle pa, Jakob, in die land Kanaän aangekom. “Josef lewe nog!” sê hulle vir hom. “Hy is die heerser van die hele land Egipte!” Jakob was oorbluf deur hierdie nuus. Hy kon dit net nie glo nie. Maar toe hulle Josef se boodskappe oordra, en toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te kom haal, het hy tot verhaal gekom. Toe sê Jakob: “Dit moet waar wees! My seun Josef lewe regtig! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterf.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid