GENESIS 39:1-5

GENESIS 39:1-5 NLV

Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef Egipte toe gebring. Daar het Potifar, ’n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, hom by hulle gekoop. Die HERE was met Josef sodat dit met hom goed gegaan het in die huis van sy Egiptiese meester. Toe Potifar dit raaksien en besef die HERE is met Josef aangesien hy suksesvol was in alles wat hy doen, was Potifar hom goedgesind. Hy het Josef as sy persoonlike sekretaris aangestel en sy hele huishouding en selfs sy saketransaksies aan hom toevertrou. Van toe af het die HERE Potifar geseën ter wille van Josef. Die huishouding het glad verloop en sy boerdery het vooruitgegaan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid