GENESIS 2:8-14

GENESIS 2:8-14 NLV

Daarna het die HERE God ’n tuin in Eden in die ooste geplant. Hy het die mens wat Hy geskape het daarin laat woon. Die HERE God het ook verskillende soorte bome uit die grond laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook die boom van kennis van wat reg en verkeerd is. ’n Rivier wat in Eden ontspring het, het water na die tuin gebring en daar in vier strome verdeel. Die een, die Pison, loop om die hele land Gawila. Dis die plek wat ryk is aan goud. Die goud is van hoogstaande gehalte en daar is ook balsem en oniks. Die tweede, die Gihon, vloei om die hele land Kus. Die derde een, die Tigris, loop oos van Assirië verby. Die vierde is die Eufraat.

Video vir GENESIS 2:8-14