vir al die mak diere, die voëls en wilde diere. Hy kon egter onder hulle nie een kry wat soos hy is en vir hom ’n metgesel kon wees nie. Toe het die HERE God die mens baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis. Van die ribbebeen maak die HERE God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe. “Uiteindelik is dit die regte metgesel!” sê die mens. “Sy is regtig deel van my. Sy sal ‘vrou’ genoem word, want sy is uit die man geneem.” Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie skaam vir mekaar nie.
Lees GENESIS 2
Luister na GENESIS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 2:20-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's