God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het presies so gebeur. God noem toe die droë grond “land” en die versameling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed. Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur. Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die derde dag gebeur.
Lees GENESIS 1
Luister na GENESIS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 1:9-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's