In die eerste jaar wat Kores koning van Persië was, het die HERE die belofte wat Jeremia gebring het, vervul. Die HERE het gesorg dat Kores koning van Persië ’n besluit neem, dit neerskryf en deur sy hele ryk sirkuleer. Die besluit was soos volg: “So sê Kores koning van Persië: Die HERE, die God van die hemel, het my beheer oor al die koninkryke van die aarde gegee. Hy het my aangestel om vir Hom ’n tempel in Jerusalem in Juda te bou. As julle deel is van sy volk, mag julle teruggaan na Jerusalem in Juda om hierdie tempel van die HERE, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is, te gaan herbou. Mag God by julle wees! Van die mense van Juda wat nog in ander gebiede oorbly, se bure moet hulle deel bydra om te help dra aan die uitgawes van dié wat wil teruggaan. Hulle moet silwer en goud, voorraad vir die terugtog en vee voorsien, asook vrywillige offers vir die tempel vir God in Jerusalem.”
Lees ESRA 1
Luister na ESRA 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: ESRA 1:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's