“Daarom, profeteer aan die heuwels en berge, die klowe en valleie van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige HERE sê: Ek is baie kwaad omdat julle verneder is deur die nasies rondom julle. Daarom, sê die oppermagtige HERE, lê Ek ’n plegtige eed af dat hierdie nasies verneder sal word. Maar die berge van Israel sal groot vrugte-oeste dra om gereed te maak vir my mense wat terugkeer. Hulle kom gou weer huis toe! Kyk, Ek gee vir julle om. Ek kom julle help. Julle grond sal omgeploeg en besaai word. Ek vermeerder die bevolking van Israel, en die stede sal weer bewoon en die puinhope herbou word. En nie net julle mense nie, maar ook julle kuddes sal toeneem en baie word. Ek sal mense bring om weer daar te woon. Ek maak julle selfs nog meer voorspoedig as vroeër. Dan sal julle besef dat Ek die HERE is. Ek sal sorg dat mense, my volk Israel, weer op julle loop, en julle sal hulle erfporsie wees. Julle sal hulle nooit weer kinderloos maak nie. “So sê die oppermagtige HERE: Die ander nasies spot met julle, berge van Israel. Hulle sê: ‘Israel is ’n land wat sy mense opvreet!’ Maar julle sal nooit weer julle volk en hulle kinders opvreet nie, sê die oppermagtige HERE. Ek sal nie toelaat dat vreemde nasies met julle spot of julle verneder of julle pootjie nie, sê die oppermagtige HERE.”
Lees ESEGIËL 36
Deel
Vergelyk alle weergawes: ESEGIËL 36:6-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's