EKSODUS 33:7-9

EKSODUS 33:7-9 NLV

Moses het ’n tent ’n hele ent weg van die laer af opgeslaan. Hy het dit “die ontmoetingstent” genoem. As iemand by die HERE raad gesoek het, het hy na die ontmoetingstent buite die kamp gegaan. Wanneer Moses uit die kamp na die tent toe gegaan het, het al die mense by die ingang van hulle tente gaan staan. Hulle het Moses agternagestaar tot hy in die tent van ontmoeting ingegaan het. Die oomblik wanneer hy die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgesak. Dit het oor die deur van die tent bly hang terwyl die HERE daar met Moses gepraat het.

Video vir EKSODUS 33:7-9