“Moenie egbreuk pleeg nie. “Moenie iets steel nie. “Moenie valse verklarings oor ander aflê nie. “Jy moenie afgunstig raak op ’n ander se eiendom nie. Jy moenie sy vrou, sy manlike of vroulike werkers, sy beeste of sy donkies of enigiets wat hy besit vir jouself begeer nie.” Die volk het baie bang geword toe hulle hoor hoe die donderweer rammel, die trompet geblaas word en sien hoe die rook uit die berg borrel. Hulle het op ’n afstand gaan staan. Hulle sê toe vir Moses: “Jý moet maar liewer met ons praat. Ons sal na jou luister. Moenie dat God self met ons praat nie. Ons sal dan sterf.” “Julle moenie bang wees nie,” het Moses vir hulle gesê. “God het so na julle toe gekom sodat julle ontsag vir Hom kan hê. Sorg dat julle nie teen Hom oortree nie.” Terwyl die volk op ’n afstand bly staan het, het Moses ingegaan in die donker wolk waarin God was. HERE Die HERE het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle het self ervaar hoe Ek uit die hemel met julle praat. Onthou, julle mag nie vir julleself afgode van silwer of goud maak nie. “Die altare wat julle vir My bou, moet met grond gemaak word. Julle moet daarop brandoffers en dankoffers, kleinvee en beeste offer. Bou die altare op die plekke wat Ek vir julle uitwys. Ek sal daarnatoe kom en julle daar seën. As julle dan ’n altaar van klip vir My wil bou, mag julle net natuurlike klip gebruik. As julle dit met gereedskap sou bewerk, sal dit nie meer vir My aanvaarbaar wees nie. Moenie met trappies teen my altaar opklim nie. Iemand kan dan van onder af inkyk onder die klere van die een wat opklim.”
Lees EKSODUS 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 20:14-26
5 Dae
As ek die woord “geregtigheid” verstaan, besef ek dat ek nie deur myself geregverdig kan word nie, maar dat ek alleenlik deur Jesus Christus geregverdig kan word. In hierdie 5-dag-leesplan kyk ons na wat die woord geregtigheid beteken, hoe jy die verkry en hoekom dit nodig is.
6 Days
Addiction, divorce, discontentment, and spiritual emptiness. How do we end up in these messes? It’s like we somehow start following bad advice. This Life.Church Bible Plan is for people who want to do away with the bad and bring on some Good Advice.
9 Days
This plan guides you through the story of the Bible, showing how all sixty-six books combine to form one unified narrative. Weaving together the rich theological truths found in Genesis through Revelation, this 9-day study shows the eternal significance of what God is doing in the world and how He invites us to be a part of it.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's