Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele son-des, immorele optredes of gierigheid nie. Ook skur-we stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank. Want hiervan kan julle seker wees: niemand wat seksuele sondes en immorele dade doen, en nie-mand wat gierig lewe – so iemand dien immers ’n afgod – sal ’n erfdeel ontvang in die koninkryk van Christus en van God nie. Moenie om die bos gelei word deur mense wat verskonings soek vir hierdie sondes nie. Die feit is: omdat mense deur sulke dinge aan God onge-hoor-saam is, word hulle deur sy straf getref. Dus: moenie saam met hulle aan hierdie dinge deel-neem nie. Jul-le lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle ver-bon-denheid met die Here, is julle in-der-daad die ene lig. Leef dan soos mense van die lig. Uit dié lig kom mos alles wat goed en reg en waar is. Vind uit watter dinge die Here tevrede stel en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ont-masker eerder hierdie werke, want mense doen in die geheim dinge wat te skandelik is vir woorde. Maar as die lig daarop skyn, kom alle dinge se wa-re ka-rakter aan die lig, en alles waarvan die ware ka-rak-ter aan die lig kom, is self lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap; staan op uit die dood, en Christus sal jou verlig!” Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys! Benut elke geskikte ge-leentheid, want ons lewe in slegte tye. Moenie on-deurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is. Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. Omdat julle respek het vir Christus, moet julle aan mekaar onderdanig wees.
Lees EFESIËRS 5
Luister na EFESIËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 5:1-21
5 Days
Children are a blessing from the Lord, no matter the circumstances surrounding their birth (Psalm 127:3). If you are a father, thank God for it and decide right now that you are going to be what God wants you to be in your children’s lives, a visible, tangible illustration of Him, no matter what choices you’ve made to this point. Being a good father really is not as complicated as you might think! All you have to do is love your children like your Heavenly Father loves you.
The opposite of mastery is mediocrity, and mediocrity is nothing less than a failure of love and a misrepresentation of the image of God. In this Plan, you’ll explore why Christians should have the highest standards of excellence in our work, what we should be looking for in our “one thing,” and how you can achieve mastery of your vocation for the glory of God and the good of others.
Paul, a liberated prisoner of the Lord, begged the church at Ephesus “to walk in a manner worthy of the calling.” We are the Father’s representatives on earth and our calling is to represent Him well. As you strive to live a vibrant life or an abundant life, you become more certain of His calling and choosing of you.
7 dae
Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's