Deur sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, het sy geheime plan aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan in die volheid van die tye tot uitvoering te bring. Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die aarde is, onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is Christus. Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word. Ons was die eerstes wat ons hoop op Christus geplaas het. Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!
Lees EFESIËRS 1
Luister na EFESIËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: EFESIËRS 1:7-14
5 dae
Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.
7 Days
Do you often compare yourself to others or to society’s standard of what it means to be a woman? What if instead, you defined yourself by what God says about you and learned how to battle those creeping lies of the enemy? This plan will help you live each day with hope and confidence in Christ, knowing your identity rests in Him alone.
What would happen if you woke up and reminded yourself of the Gospel every day? This 7-day devotional seeks to help you do just that! The Gospel not only saves us, it also sustains us throughout our lives. Author and Evangelist Matt Brown has formed this reading plan based on the 30-day devotional book written by Matt Brown and Ryan Skoog.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's