“Hy het hulle gevind in ’n woestyn, ’n leë land vol onaardse geluide. Hy het hulle omarm en hulle opgepas. Hy het hulle beskerm as sy kosbaarste besitting. Soos ’n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. Net die HERE bewaar hulle. Hulle leef sonder enige vreemde gode. Hy laat hulle ry op die hooglande, Hy voed hulle met die opbrengs van die land. Hy het uit die klowe heuning aan hulle voorsien, olyfolie uit klipharde rots. Hy voed hulle met dikmelk van beeste en melk van kleinvee; saam met die vet van lammers en bokke. Hy gee aan hulle die keur van die ramme en bokke van Basan, met die beste koring. Julle het gedrink van die beste wyn, gemaak van keur druiwesap.
Lees DEUTERONOMIUM 32
Deel
Vergelyk alle weergawes: DEUTERONOMIUM 32:10-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's