Daniël het egter besluit dat hy nie homself met die koning se kos en drank gaan verontreinig nie. Hy het die hoofamptenaar versoek om nie daarvan te eet nie. God het gemaak dat die hoofamptenaar van Daniël hou en hom goedgesind is. Hy het egter vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal dat julle hierdie kos en drank moet gebruik. As hy sien dat julle nie so goed lyk soos die ander van julle ouderdom nie, gaan julle my kop laat rol by die koning.” Daniël het toe vir die persoon onder wie se sorg die hoofamptenaar Daniël, Gananja, Misael en Asarja geplaas het, gesê: “Toets tog u dienaars vir tien dae. Gee vir ons net groente om te eet en water om te drink. Kyk dan ná tien dae hoe ons voorkoms vergelyk met die jong manne wat wel die koning se kos eet. U kan dan besluit om met u dienaars te maak soos u goeddink.” Hy het met Daniël ooreengekom en hulle tien dae lank op die proef gestel. Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het. Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.
Lees DANIËL 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 1:8-16
7 Days
The disciplines you develop today determine the stories you tell tomorrow. So, how do you feel about the story you’re telling? In this 7-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s Greater Reward message series, we’ll discover what discipline is, why it matters, and how to incorporate it in our physical, mental, and spiritual lives.
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's