AMOS 2:1-5

AMOS 2:1-5 NLV

Verder sê die HERE: “Die mense van Moab het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Die bene van Edom se koning het hulle tot as verbrand. Daarom steek Ek ’n vuur aan in die land Moab en die vestings van Kerijot sal verteer word. Moab sal omkom onder oorlogsrumoer en onder die geblaas van die trompet. Ek sal hulle koning uitroei en al sy leiers saam met hom doodmaak.” So sê die HERE. HERE Dit is wat die HERE sê: “Die mense van Juda sondig keer op keer. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Die gebooie van die HERE het hulle verwerp, sy voorskrifte nie nagekom nie. Hulle is mislei deur dieselfde leuens as hulle voorouers. Daarom sal Ek Juda aan die brand steek, al die vestings van Jerusalem verteer.”