HANDELINGE 9:17-19

HANDELINGE 9:17-19 NLV

Ananias het toe vertrek en in daardie huis ingegaan. Hy het sy hande op Saulus gesit en gesê: “Broer Saul, die Here het my gestuur, Jesus wat aan jou verskyn het op pad hierheen. Hy het my gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” Onmiddellik het iets soos skille van Saulus se oë afgeval en hy kon weer sien. Hy het opgestaan en is gedoop. Hy het toe kos geëet en sy kragte begin herwin. Saulus het ’n paar dae by die gelowiges in Damaskus gebly.