2 TIMOTEUS 2:20-26

2 TIMOTEUS 2:20-26 NLV

In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak. Vlug vir enigiets wat jeugdige drange aanwakker. Spits jou daarop toe om reg voor God te lewe. Streef na geregtigheid, geloof, liefde en vrede saam met dié wat die Here met rein harte aanroep. Ek sê weer, moenie betrokke raak in dwase, onsinnige argumente wat net twis veroorsaak nie. Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees. Hulle moet bekwaam wees om mense doeltreffend te onderrig en geduldig wees met moeilike mense. Hulle moet dié wat die waarheid teenstaan, sagmoedig onderrig. Miskien sal God daardie mense se harte verander, en sal hulle die waarheid leer ken. Dan sal hulle tot hulle sinne kom en uit die duiwel se strik ontsnap. Want hulle word deur hom gevange gehou om net te doen wat hy wil hê.

Video vir 2 TIMOTEUS 2:20-26

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 TIMOTEUS 2:20-26