2 TESSALONISENSE 1

1
Paulus en sy kollegas skryf aan die gemeente in Tessalonika en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus. Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus verbonde is.
2Mag die genade en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus met julle wees.
Julle moet onder vervolging volhard
3Broers en susters#1:3 Grondteks Broers., dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! 4Gevolglik vertel ons self met trots#1:4 Grondteks Gevolglik roem ons self. in God se gemeentes hoe julle volhard en glo onder al die vervolging en swaarkry wat julle verduur.
5God sal die dinge wat julle deurmaak#1:5a Grondteks hierdie dinge., gebruik om te wys dat Hy regverdig oordeel. Dit sal daarop uitloop dat julle waardig beskou sal word om in God se koningsheerskappy#1:5b Of koninkryk. te deel. Dit is hiervoor dat julle ly.
6God is inderdaad regverdig: Hy sal julle verdrukkers met verdrukking terugbetaal. 7Hy sal rus#1:7 Grondteks verligting. gee aan julle wat verdruk word – en ook aan ons. Dit sal gebeur wanneer die Here Jesus met sy magtige engele vanuit die hemel verskyn.
8In ’n vlammende vuur sal Hy die mense straf wat God nie ken nie; dit is húlle wat hulle nie gesteur het#1:8 Of nie gehoorsaam is. aan die Goeie Nuus van ons Here Jesus nie. 9Hulle sal met ewige vernietiging gestraf word, weg van die Here se teenwoordigheid en sy heerlike mag af. 10Op daardie dag kom Hy om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort#1:10a Grondteks die heiliges. en om bewonder te word deur almal wat tot geloof gekom het – ook deur julle, want julle het ons getuienis geglo#1:10b Grondteks want ons getuienis aan julle is geglo.!
11Met dit in gedagte bid ons altyd vir julle. Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het#1:11 Grondteks die roeping.. Mag Hy elke goeie voorneme en geloofsdaad met krag tot volkome uitvoering bring. 12So sal die Naam van ons Here Jesus verheerlik word deur wat julle doen. En júlle sal deur Hom verheerlik word op grond van die genade van ons God en die Here Jesus Christus.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid