2 JOHANNES 1:5-11

2 JOHANNES 1:5-11 NLV

En nou dring ek daarop aan, geagte Vrou, dat ons moet aanhou om mekaar lief te hê. Dit is nie asof ek ’n nuwe opdrag aan julle voorhou nie, maar ’n oue wat ons van die heel begin af het. Liefde bestaan daarin dat ons moet aanhou om volgens sy opdragte te leef. Dié opdrag vra dat ons in ’n hegte verbintenis daaraan moet bly leef, soos julle van die heel begin af gehoor het. Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier en die antichris. Wees op die uitkyk vir sulke mense sodat ons nie sal verloor waarvoor ons baie hard gewerk het nie, maar eerder die volle beloning sal ontvang. Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer leef, het deel aan die Vader en die Seun. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie. Elkeen wat hom groet, vereenselwig hom met daardie persoon se bose optrede.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 JOHANNES 1:5-11