2 KORINTIËRS 9:1-8

2 KORINTIËRS 9:1-8 NLV

Dit is eintlik oorbodig dat ek aan julle skryf oor die bediening aan die gelowiges in Jerusalem. Ek ken julle gewilligheid en ek het al by die Masedoniërs oor julle gespog. “Agaje,” het ek opgemerk, “het al ’n jaar gelede voorbereidings begin tref.” En julle ywer het ook die meeste ander aangespoor. Ek het hier-die broers gestuur sodat ons woorde van lof oor jul-le in hierdie saak nie leë woorde sal wees nie, en so-dat julle gereed kan wees, soos ek reeds gesê het dat jul-le al is. So nie, as daar Masedoniërs saam met my kom, en sien dat julle nog nie gereed is nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle – om nie eers te praat van julle eie skaamte nie. Daarom beskou ek dit as noodsaaklik om die broers aan te spoor om voor-uit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer ge-reedmaak wat julle vroeër reeds beloof het. Dan sal dit gereed wees as ’n vrywillige dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie. Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee so-dat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk.