As ek julle deur my brief hartseer gemaak het, het ek nie nou berou daaroor nie. As ek tog berou gehad het, was dit net vir ’n kort rukkie toe ek sien dat daardie brief julle hartseer gemaak het. Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. Kyk net watter entoesiastiese reaksie die belewenis van hartseer volgens die wil van God by julle meegebring het: die verantwoording, dringendheid om reg te maak, ontsag, verlange om my te sien, ondersteuning en erns om die oortreder te straf! In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is. Daarom, al het ek aan julle geskryf, was dit nie soseer omdat iemand verkeerd gedoen het of omdat iemand verontreg is nie, maar veral sodat julle voor God kon bewys hoeveel ywer julle vir ons het. Daarom is ons nou bemoedig. En by die bemoediging is ons ook uitermate opgewonde dat Titus só bly is omdat julle almal hom gemoedsrus gegee het.
Lees 2 KORINTIËRS 7
Luister na 2 KORINTIËRS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KORINTIËRS 7:8-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's