1 PETRUS 4:7-11

1 PETRUS 4:7-11 NLV

Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid. Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla. Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen.

Video for 1 PETRUS 4:7-11