Ek skryf aan julle, kinders: Julle sondes is vergewe op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Ek skryf aan julle, pa’s: Julle leef van die heel begin af in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ek skryf aan julle, jonges: Julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree. Ek skryf aan julle, kinders: Julle leef in ’n persoonlike verhouding met die Vader. Ek skryf aan julle, pa’s: Julle leef van die heel begin af in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ek skryf aan julle, jonges: Julle is kragtig en die woord van God is deel van julle bestaan en julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree. Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie. Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld. Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd.
Lees 1 JOHANNES 2
Luister na 1 JOHANNES 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 JOHANNES 2:12-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's