1 KRONIEKE 10

10
Die dood van koning Saul
1Die Filistyne het Israel aangeval, en die manne van Israel moes vir die Filistyne wegvlug. Baie is teen die hange van die Gilboaberg doodgemaak.
2Die Filistyne het vir Saul en sy seuns ingehaal. Hulle het drie van sy seuns doodgemaak, vir Jonatan, Abinadab en Malkisua. 3Die geveg het baie swaar rondom Saul geword, en die Filistynse boogskutters het hom gesien en raakgeskiet. 4Saul het vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en steek my dood voor hierdie heidense Filistyne kom en my verneder.” Maar sy wapendraer was baie bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul sy eie swaard en val daarin. 5Toe sy wapendraer besef dat Saul dood is, het hy ook in sý swaard geval en gesterf. 6So het Saul en sy drie seuns saam gesterf sodat sy koningshuis beëindig is.
7Toe die Israeliete in die Jisreëlvlakte sien dat hulle leër gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.
8Die volgende dag toe die Filistyne uitgaan om die gesneuweldes te plunder, vind hulle die lyke van Saul en sy seuns op Gilboaberg. 9Hulle het sy lyk gestroop van sy wapens en sy kop afgekap. Toe het hulle boodskappers deur die hele land van die Filistyne gestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en die volk bekend te maak. 10Hulle het sy wapens in die huis van hulle god gesit en sy kop in die tempel van Dagon vasgeslaan.
11Die mense van Jabes-Gilead het gehoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het. 12Toe het hulle soldate gegaan en die lyke van Saul en sy drie seuns teruggebring na Jabes toe. Hulle het die oorskot onder die eikeboom in Jabes begrawe, en sewe dae lank gevas.
13Saul is dood omdat hy ontrou aan die Here was. Hy het nie die Here se opdrag gehoorsaam nie, en het selfs leiding by iemand gaan soek wat geeste oproep. 14Hy het nie die Here geraadpleeg nie. Daarom het die Here hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid seun van Isai gegee.

Tans Gekies:

1 KRONIEKE 10: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid