1
LUKAS 13:24
Afrikaans 1983
Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie.
Vergelyk
Verken LUKAS 13:24
2
LUKAS 13:11-12
Daar was ook 'n vrou wat al agtien jaar lank gely het onder 'n bose gees wat haar heeltemal verswak het. Sy was krom getrek en kon glad nie meer regop kom nie. Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê vir haar: “Mevrou, jy is van jou gebrek verlos!”
Verken LUKAS 13:11-12
3
LUKAS 13:13
Toe het Hy haar die hande opgelê, en sy het onmiddellik regop gestaan en God begin prys.
Verken LUKAS 13:13
4
LUKAS 13:30
Onthou net: Daar is laastes wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees.”
Verken LUKAS 13:30
5
LUKAS 13:25
“As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’
Verken LUKAS 13:25
6
LUKAS 13:5
Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”
Verken LUKAS 13:5
7
LUKAS 13:27
Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!’
Verken LUKAS 13:27
8
LUKAS 13:18-19
Jesus het gesê: “Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? Dit is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en 'n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.”
Verken LUKAS 13:18-19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's