1
1 KORINTIËRS 2:9
Afrikaans 1983
Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Vergelyk
Verken 1 KORINTIËRS 2:9
2
1 KORINTIËRS 2:14
Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.
Verken 1 KORINTIËRS 2:14
3
1 KORINTIËRS 2:10
Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.
Verken 1 KORINTIËRS 2:10
4
1 KORINTIËRS 2:12
Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.
Verken 1 KORINTIËRS 2:12
5
1 KORINTIËRS 2:4-5
Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.
Verken 1 KORINTIËRS 2:4-5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's