1
Jeremia 11:3-4
Die Boodskap
Sê vir hulle: Die Here, die God van Israel sê: Dit sal sleg gaan met mense wat nie gehoorsaam is aan die voorskrifte van die ooreenkoms tussen My en hulle nie. Ek het vir julle voorouers gesê toe Ek hulle as slawe in Egipte vrygemaak het: Julle moet aan My gehoorsaam wees. Doen alles wat Ek sê julle moet doen. As julle dit regkry, sal julle my eie mense wees. Van my kant af sal Ek julle God wees.
Vergelyk
Verken Jeremia 11:3-4
2
Jeremia 11:20
Here, U is sterker as alles en almal. U tree altyd regverdig op. Ja, Here, U weet presies wat binne-in ’n mens aangaan. U weet selfs wat ons dink. Ek wil graag sien wat gebeur as U wraak neem op my vyande. Ek het my saak vir U gegee om te hanteer.
Verken Jeremia 11:20
3
Jeremia 11:8
Maar julle voorouers het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle wou nie eens na my waarskuwing luister nie. Elkeen het eenvoudig sy eie kop gevolg en dinge gedoen wat verkeerd was. Die ooreenkoms tussen My en hulle was dat hulle gestraf sou word as hulle ongehoorsaam is. Daarom, omdat hulle nie my opdragte gehoorsaam het nie, sal Ek hierdie oordele oor hulle bring.”
Verken Jeremia 11:8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's