1
Eksodus 7:1
Die Boodskap
Die Here sê toe vir Moses: “Let op, Ek gaan jou soos ’n god vir die farao maak. Jou broer Aäron sal soos iemand maak wat God se boodskap vir mense bring. Hy sal jou woorde vir die farao gaan oordra.
Vergelyk
Verken Eksodus 7:1
2
Eksodus 7:3-4
Maar Ek gaan die farao hardkoppig maak. Ek sal dan baie goeie rede hê om tekens en wonders in Egipte te doen. Selfs dan nog sal die farao aanhou weier om na julle te luister. Ek sal dan reg wees wanneer Ek op Egipte afstorm en groot rampe oor hulle bring. In dieselfde tyd sal Ek al die families van Israel uit Egipte wegvat.
Verken Eksodus 7:3-4
3
Eksodus 7:5
Wanneer Ek Egipte gryp en die Israeliete onder hulle laat wegtrek, sal Egipte agterkom wie Ek, die Here, werklik is.”
Verken Eksodus 7:5
4
Eksodus 7:11-12
Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding. Soos hulle elkeen sy kierie op die grond neergooi, verander dit in ’n slang. Aäron se kierie het egter hulle slange ingesluk.
Verken Eksodus 7:11-12
5
Eksodus 7:17
Die Here gaan jou nou dwing om te erken dat Hy die Here is. Ek gaan met hierdie kierie in my hand op die rivier se water slaan. Die water gaan dan in bloed verander.
Verken Eksodus 7:17
6
Eksodus 7:9-10
“Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.” Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander.
Verken Eksodus 7:9-10
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's