1
GÉNESIS 32:28
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Vergelyk
Verken GÉNESIS 32:28
2
GÉNESIS 32:26
Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
Verken GÉNESIS 32:26
3
GÉNESIS 32:24
Maar Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
Verken GÉNESIS 32:24
4
GÉNESIS 32:30
Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
Verken GÉNESIS 32:30
5
GÉNESIS 32:25
En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.
Verken GÉNESIS 32:25
6
GÉNESIS 32:27
En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.
Verken GÉNESIS 32:27
7
GÉNESIS 32:29
Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën.
Verken GÉNESIS 32:29
8
GÉNESIS 32:10
ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.
Verken GÉNESIS 32:10
9
GÉNESIS 32:32
Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
Verken GÉNESIS 32:32
10
GÉNESIS 32:9
En Jakob het gesê: O God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen
Verken GÉNESIS 32:9
11
GÉNESIS 32:11
Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.
Verken GÉNESIS 32:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's